Die Bybel sê: "... iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie." (Jak 1:6 - 8 NV). Peter Marshall, voormalige kapelaan van die Amerikaanse Senaat, het gebid: "Gee vir ons 'n helder visie sodat ons kan weet waar om te staan, en waarvoor om te staan." 'n Onduidelike droom gaan jou nêrens bring nie. Wat wil jy bereik? Wat wil jy bydra? Wie wil jy word? Met ander woorde, hoe lyk sukses vir jou? As jy dit nie definieer nie, sal jy dit nie kan bereik nie. Die meeste mense kry nie wat hulle wil hê nie omdat hulle nie weet wat hulle wil hê nie. Een outeur skryf: "Die onmisbare eerste stap om die dinge te kry wat jy uit die lewe wil hê is om te besluit wat jy wil hê! In plaas daarvan om te sê, 'Ek wil gewig verloor,' sê, 'Ek sal teen 1 Junie 80 kg weeg.' In plaas daarvan om te sê, 'Ek wil van my skuld ontslae raak,' sê, 'Ek sal teen 31 Desember al my kredietkaarte afbetaal.' Om spesifiek te wees, beteken nie noodwendig jy het vooruit oor elke detail gedink voordat jy vorentoe beweeg nie. Maar jou hoofdoel moet duidelik wees. Die res sal ontvou soos wat jy aangaan en aanpassings maak, indien nodig." Die vraag wat jy moet vra is: "Is ek doelgerig?"
Sielekos: Dan 1:3-21; Dan 3:7-30; Dan 5:10-31; Dan 9:1-19 Wees doelgerig (2) Dit vereis nie veel energie om jou gedagtes te laat dwaal en droom nie. Maar dis baie werk om 'n duidelike doel te ontwikkel om 'n helder, duidelike droom te hê. Een leier sê: "Vir my begin die hele proses met vrae wat ek myself moet afvra. Die droom is altyd gewortel in die dromer, in sy of haar ervaringe, omstandighede, talente en geleenthede. Ek vra: 'Wat voel ek - wat sê my emosies vir my? Wat voel ek aan - wat sê my intuïsie vir my? Wat sien ek - wat gebeur rondom my? Wat hoor ek - wat sê ander mense? Wat dink ek - wat sê my intellek en gesonde verstand?' 'n Helder beeld mag dalk eensklaps na jou toe kom, soos 'n weerligstraal, maar die meeste mense moet aanhou om daaraan te werk. As dit 'n moeilike proses is, is dit geen rede om op te gee nie. Om die waarheid te sê, as dit te maklik is, droom jy dalk nie groot genoeg nie. Hou net aan om daaraan te werk, want 'n duidelike droom is die moeite werd om voor te baklei." As jy 'n duidelike sin kan kry van waar jy is, wat jy weet, en wat jy wil hê, is jy goed op pad om dít waarvoor God jou op die aarde geplaas het, te verstaan en aan te gryp. Moses het die eerste twee derdes van sy lewe probeer uitwerk wat God wou hê hy moes doen, dinge op sy eie manier probeer doen en net misluk. Maar hy het 'n hart vir God en 'n visie van God af gehad, en uiteindelik het hy geslaag. Sielekos: Pred 1-4; Joh 11:28-37; Ps 50; Spr 30:7-10 Op 'n dag het Jesus 'n vrou in die sinagoge genees wat al vir 18 jaar kruppel was. Daarna het twee goed gebeur: Eerstens was sy so verheug soos net iemand kan wees wat vry is van 'n 18 jaar lange siekte. Tweedens het sommige kerkmense Jesus veroordeel omdat Hy haar op die Sabbatdag genees het. Wat 'n prentjie - terwyl sy God hierdie kant geloof het, het hulle aan die ander kant gestry oor die fyner punte van leerstellings. Wat het sy gedoen? Sy het net aangehou om God te prys! Sy het nie opgehou met haar lofprysing om haarself te probeer verduidelik of haar kritici te oortuig nie, want sy het geweet hulle het klaar besluit wat hulle wil glo en was nie oop vir verandering nie. Jy hoef jouself nie te verdedig nie, want die Here is jou verdediger. Verder is dit nie nodig om jou aan ander mense se buie en gesindhede te steur as jy deur 'n swaar tyd is nie. As jy dit doen, maak jou verdediging jou kwesbaar vir die vyand. Hierdie vrou het haarself beskerm deur verdedigende lof, en jy moet dit ook doen! Moenie by argumente betrokke raak nie. As jy ophou om jouself te verdedig, maak jy die deur vir die Here oop om jou te verdedig. Kan jy jou indink wat sou gebeur het as opgehou het met haar lofprysing en begin redekawel het? As dit gebeur het, sou die hele episode in 'n bakleiery geëindig het. In plaas daarvan het sy aangehou om God te prys - en dis wat jy ook moet doen!
Sielskos: Rom 12-14; Joh. 15:5-17; Ps 14; Spr. 28:13-16 Een van Jesus se grootste wonderwerke was om 'n man te genees wat deur bose geeste gemartel is. Die Bybel sê: "Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met 'n ketting vasbind nie... Niemand kon hom baasraak nie. Hy was dag en nag aan die skreeu... en dan kap hy himself met klippe." (Mark 5:3-5 NV). Let op na vier dinge oor die man:
Sielekos: Sag 9-11; Luk 23:13-25; Ps 34; Spr 24:29-31 Filippense 1:29 NLV
Jy het die soort geloof nodig wat nie net in God glo vir die goeie dinge nie, maar wat jou ook staande hou deur die slegte dinge. "Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God Sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie. Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het." (1 Petrus 3:14-15 NLV). Of jou pad vol spoedhobbels of gelyk is, moet jy 'n gesindheid van "aanbidding" en "Christus as die Een wat seggenskap het" hê. Josef se ontvoering het daartoe gelei dat hy sy familie kon red. Christus het in die wêreld gekom deur 'n onverwagte swangerskap en het ons gered deur 'n onregverdige moord. Glo jy wat die Bybel ons leer - dat geen ramp uiteindelik fataal is nie? Chrusostomos het. Hy was van 398 tot 404 nC die aartsbiskop van Konstantinopel. Hy het volgelinge verkry omdat hy op welsprekende wyse korrupsie in die kerk veroordeel het. Hy is twee keer verban deur die owerhede, maar het gevra: "Waarvoor sal ek bang wees? Sal dit die dood wees? Ek weet Christus is my lewe, en om te sterf is vir my wins. Sal dit uitsetting uit die land wees? Die aarde is die Here s'n en alles daarop ook. Sal dit verlies van rykdom wees? Ons het niks in die lewe ingebring nie en ons kan niks daar uit neem nie. Al die verskrikkings van die wêreld is veragtelik in my oë; en ek glimlag oor al die goeie dinge." Dít is lyding met genade! Sielekos: 1 Kor 10-11; Luk 24:13-24; Ps 68:1-18; Spr 25:13-16 As die Christelike lewe gaan oor 'n persoonlike verhouding met God, moet God steeds vandag met ons praat. Verhoudings word egter nie gebou op eenrigtinggesprekke nie. Dit verg toewyding en kommunikasie tussen twee mense waar elkeen praat en luister na die ander een. "Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle." (Rom 8:9 NV). Dit beteken dat die Gees jou lei in jou reaksies en besluitnemingsprosesse. Wanneer jy die Here volg, bestaan die lewe nie meer uit net dit wat jy kan sien, voel of verstaan nie, maar ook geloof en vertroue in jou Skepper, en die vermoë om Sy stem te hoor en die leiding van Sy Gees te sien. Van ons is huiwerig om dit te doen omdat ons ander mense gesien het wat sê die Gees lei hulle, en hulle benadering maak ons bang. As ons die Gees se leiding ervaar, twyfel ons daaraan, en is ons nie altyd seker of Hy regtig met ons praat nie. Ons wonder: "Is dit God se stem of my eie begeertes?" Dis hoekom Paulus skryf: "Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal." (Gal 5:25 NV). Ons moet stap vir stap leer om die Gees te volg. Selfs mense wat die sterkste in hulle geloof is, struikel soms. Dis nie 'n probleem nie! "Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op." (Ps 37:23-24 NV).
Sielekos: 1 Kon 17:1-6; 1 Kon 18:16-39; 1 Kon 19:9-18; 2 Kon 2:1-12 Matteus 5:16 DB
Elke kind, ook joune, word "verlore" gebore in 'n wêreld van morele en geestelike donkerte. Ouer, jou grootste verantwoordelikheid is om die lig op hul pad te wees. Paul Harvey het 'n storie vertel oor 'n pa wat baie gedrink het en sy tienerseun in 'n bakkie gelos het terwyl hy in 'n kroeg in is. Twee ure later, toe die pa terugkeer na sy bakkie, was sy seun weg. Hy het sy seun in die kroeg gekry saam met 'n klomp beskonke jong mans wat hom dronk gemaak het. Na die bakleiery met hulle, het die pa aan die bloei op die vloer op geëindig met sy ontstelde seun wat by hom kniel en pleit: "Moet asseblief nie kwaad wees vir my nie, Pa. Ek het jou net gevolg!" Ons almal volg iemand in die hoop dat hulle die pad ken. Die Bybel sê: "Ahasia het net verkeerde dinge gedoen. Hy het gemaak soos sy pa... sy ma..." (1 Kon 22:53 DB). Ons kinders mag dalk nie ons raad volg nie, maar hulle sal wel ons voorbeeld volg, of dit nou goed of sleg is. Ons is geroep om padtekens by hul kruispaaie te wees; padkaarte in hul verwarring. Paulus het sy geestelike kinders so bemoedig: "Volg julle dan my voorbeeld, soos ek Christus s'n volg." (1 Kor 11:1 NLV). Jy het nie 'n graad in ouerskap nodig om uit te blink by die huis nie. As jy Christus se onderrig elke dag aanvaar en uitleef, is jy gekwalifiseerd om die beste ouer moontlik te wees! "Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is baie gelukkig." (Spr 20:7 NLV). Sielekos: 1 Kor 7-9; Luk 24:1-12; Ps 91; Spr 25:9-12 Toe Nebukadneser die Jode gevange geneem het, het hy sy personeelhoof gevra om die slimstes en bestes uit te soek en na sy paleis te bring. Hy wou die volgende eienskappe hê: "...intelligent, goed ingelig en vinnig van begrip, geskik om in die koning se paleis diens te doen." Daniël het die geleentheid aangegryp. Ja, God het hom gehelp, maar hy moes ook daarvoor werk! Die hoof- uitvoerende beampte van een van die wêreld se grootste maatskappye het dit só gestel: "Die enigste manier waarop jy gaan uitstaan, is om hierdie eenvoudige beginsel te verstaan: As jou baas jou 'n vraag vra, 'n projek aan jou toeken of jou stuur om data in te samel, weet hy reeds wat is die antwoord wat hy wil hê. Hy wil hê jy moet bevestig wat hy reeds glo waar is. Die meeste mense doen net dit. Jy moet verstaan dat die vraag net die begin is. Om beter te wees, moet jy dieper dink en nie net die vraag antwoord nie, maar meer as dit doen. Dit beteken dat jy hom drie of vier idees moet gee wat hy waarskynlik nie oorweeg het nie. Jou doelwit moet wees om waarde tot die idee toe te voeg deur verwagtings te oortref. As jy verstaan dat die vraag net die begin is, sal jy vinnig uitstyg bo die groep, aangesien 99% van werknemers in die groep bly omdat hulle nie dink nie. As jy dit verstaan, sal jy meer kritiese vrae gegee word om te antwoord, en met verloop van tyd sal jy die een wees wat die vrae aan ander gaan vra."
Sielekos: Eks 16–18; Joh 2:1-11; Ps 23; Spr 26:10-12 Spreuke 22:29 NV
Die joernalis William Zinsser se eerste aanstelling was by The New York Herald Tribune. Tradisioneel begin leerlingverslaggewers om doodsberigte te skryf, maar Zinsser was gefrustreerd hiermee. "Ek kan ondersoekende verslaggewing doen wat Pulitzerpryse kan wen en hier sit en skryf ek doodsberigte," het hy gedink. Hy het sy redakteur gevra: "Wanneer gaan ek opdragte vir ordentlike stories begin kry?" Sy knorrige ou redakteur het geantwoord: "Niks wat jy skryf, gaan ooit so noukeurig gelees word as dit wat jy nou skryf nie. As jy 'n naam verkeerd spel of die datum verkeerd het, gaan jy 'n familie seermaak. Maar as jy iemand se ouma of ma tot haar reg laat kom, vereer jy 'n lewe, en die familie sal vir ewig dankbaar wees. Hulle sal jou woorde laat lamineer." "Ek het belowe om die ekstra oproepe te maak," vertel Zinsser. "Ek sou ekstra vrae vra; ek sou ook die tweede myl saamloop." Dit kom uit die Bergrede uit - skryf doodsberigte vir ander soos wat jy sou wou hê ander doodsberigte oor jou moet skryf. Zinsser het uiteindelik ander skryfwerk gedoen, en het ook 'n boek geskryf oor skryfwerk, waarvan meer as 'n miljoen eksemplare verkoop het. Dit sou egter nie gebeur het as hy homself nie daarop toegelê het om uitstekende doodsberigte te skryf nie. Die punt is: as jy nie die Gees kan ervaar in die werk wat jy vandag doen nie, sal jy die Gees glad nie vandag ervaar nie (want Hy is alomteenwoordig). Sielekos: Eks 22-24; Joh 3:1-21; Ps 89:1-14; Spr 26:17-19 Matteus 27:51 NLV
Een dag van die jaar, op Versoeningsdag, kon die priester agter die swaar gordyn in die tabernakel ingaan in die Allerhoogste in waar God se teenwoordigheid was. Hy kon daar ingaan omdat die bloed van 'n offerlam die genadetroon, waaronder die Verbondsark gerus het, bedek het. God het dit so gereël. Wat was in die Ark? Die Tien Gebooie - wat ons almal gebreek het. Die enigste manier waarop God na die bewys van Sy mense se skuld kon kyk, was deur die bloed van die lam. Kom ons spring nou na die kruis. Jesus het "... die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die swaar gordyn in die tempel in twee geskeur van bo tot onder." Alles het daardie dag beter geword! Ten spyte van jou mislukkings kan jy nou in God se teenwoordigheid kom met die wete dat jou sonde deur die bloed van Jesus bedek is, en jy kan met vertroue vra vir dit wat jy nodig het. "Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons Sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word." (Heb 4:16 NLV). God se aanvaarding is gewaarborg as jy hom benader deur te sê: "Ek kom in die Naam van Jesus en op grond van Sy bloed wat Hy vir my gestort het." Dit werk soos 'n kredietstelsel. "Jy is in Christus", sodat jy 'n perfekte krediettelling het! Selfs as jy onwaardig en onverdienstelik voel, as jy in geloof vra, sal God dit vir jou gee "... op grond van wat Christus gedoen het." (Ef 4:32 NLV). Sielekos: Eks 33-35; Joh 4:27-38; Ps 32; Spr 27:1-3 Jakobus skryf: "As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie." (Jak 1:26 NLV). Hoe beheer jy jou tong se geneigdheid tot negatiwiteit? Gebruik dit positief. Hoe?
Sielekos: Jes 22-25; Joh 6:52-71; Ps 127; Spr 27:25-27 |
Ana & Andre Schoonbee God uses us to motivate and encourage the body. Authors
All
Archives
June 2015
|